Die Voortrekkers is n Kultuurorganisasie vir die Afrikanerjeug om God te eer en Moderne Afrikanerskap, positiewe Burgerskap, konsekwente Christenskap en Dienende Leierskap.
- POSITIEWE IDENTITEIT. Voortrekkers glo daar is n doel met hul lewe. God het ons hier geplaas om Hom te eer en diens te lewer aan volk, land en medemens. In die Voortrekkers wentel alles om hierdie roeping.
- POSITIEWE WAARDES. Die Voortrekkers is n omgewing waar positiewe waardes wat vloei uit konsekwente Christenskap, moderne Afrikanerskap en positiewe Burgerskap, deurweef is in die Grondslag, Doelstellings, kode en leerplanne.
- SOSIALE VAARDIGHEDE. In die Voortrekkers leer kinders empatie, simpatie en vriendskapsvaardighede aan deur ervaring saam met sy/haar span. Die kinders leer mekaar ken onder alle omstandighede, wat lei tot lang vriendskappe. Soos die kinders ouer word, gaan hulle ook op kampe waar kinders van regoor die land teenwoordig is en maak hulle langafstand vriendskappe.
- VERBINTENIS OM TE LEER. Die ondewerpe wat in die leeplanne van die Voortrekkers aangespreek word, is wyd uiteenlopend om voorsiening te maak vir verskillende belangstellings en om elke kind se belangstelling in n wye reeks velde te prikkel.
- WAARDE-GEBASEERDE KEUSES. Keuses bepaal die rigting wat jou lewe verloop. Hoe ouer die kinders word, hoe makliker kan hulle in 'n oomblik n keuse maak wat die koers van hule lewe vernader.
- DIENENDE LEIERSKAP. n Lewe tot eer van God, in diens van volk, land en medemens is deel van die belofte wat elke Voortrekker aflê.
- WEN-WEN SPANWERK 'n Wen-wen mentaliteit vereis nie-kompeterende gedrag. Dit is die mentaliteit wat in die samelewing in die meeste plekke benodig word. Die samelewing verwag van ons om met mense saam te werk wat min eienskappe of talente met ons deel.
- PRET Pret is die belangrikste kenmerk van die Voortrekkeraktiwiteite vir die kinders. Ons is veronderstel om die lewe te geniet en in die Voortrekkers geniet ons die lewe soos God wil hê ons moet dit geniet.
- BEMAGTIGING die Voortrekkers bestaan vir die kinders. Dit bied n omgewing waar kinders gekoester en waardeer word.
- GRENSE EN VERWAGTINGE Volwassenes in die Voortrekkers het hoë verwagtinge van die kinders in hul spanne en hul gedrag. Omdat die volwassene saam met die kind beweeg, is dit maklik om die kind se gedrag tussen sy maats te monitor en kan die gedrag doelbewus beinvloed word. Op hierdie wyse leer kinders aanvaarbare gedrag baie vinniger aan.
Toekenning vir BESONDERE DIENS
Mnr.Louw het n toekenning vir BESONDERE DIENS van die Voortrekkers ontvang. Baie dankie aan hom, die Beheerraad en Edugate dat ons Voortrekkers by die skool kan aanbied, busse kan gebruik en toekennings kan maak.