Culture

Die woord 'kultuur' dra vele betekenisse. Kultuur kan verwys na 'n persoon se manier van lewe en sy agtergrond, of dit kan bloot verwys na baie verskillende nasionaliteite wat saamkom as 'n gemeenskap.

By Edugate Academy word elk van hierdie betekenisse toegepas. Die Edugate-kultuur en ons beoefening van kultuur in die algemeen, verwys nie bloot net daarna dat ons leerders van verskillende kultuurgroepe saamkom as 'n skoolgemeenskap nie, ons streef daarna om dit opsigtelik te maak in ons leefwyse, hetsy dit op intellektuele of artistieke wyse.

Ons missie is om aan elke Eduagate leerling die geleentheid te bied om hom- of haarself te verryk in elke moontlike opsig om sodoende uiteindelik ons skool te verlaat as 'n selfstandige, trotse en gebalanseerde jongmens en landsburger. Kultuur word deur 'n leerproses oorgedra en dit is ons plig en voorreg om kultuur vir ons leerlinge aan te bied wat in hul skrywes, hul beredenering, hul musiek, hul kunstige skeppinge, hul taal sowel as in hul omgang met ander, waargeneem sal kan word.