Waatlemoenfees 2017 Netbaltoer o/13 Graad 0 - 4 vier Paasfees Slakkies bou legkaart 2017 Senior CRS 2017
Edugate

You are here: Kultuur / Skryfkompetisies

Skryfkompetisies

SKRYFKOMPETISIES

Ons moedig reeds vroeg in die jaar al ons leerlinge vanaf graad vyf aan om aan die Griffel –skryfkompetisie deel te neem. Taalonderwysers is ook voortdurend besig om potensiële opstelle, gerigte skryfstukke en gediggies bymekaar te maak uit klasopdragte wat op hul tafels beland.

Ons het reeds soveel verborge skryfpotensiaal in ons leerlinge ontdek danksy hierdie kompetisie en ons deelname groei jaarliks.

Soveel van ons leerlinge vind ontvlugting deur te skryf of te dig, minwetend dat hul eintlik besig is om ‘n klein kunswerk in woorde te skep wanneer hulle hul gedagtes en emosies so opreg op papier neerlê. Die Griffel-skryfkompetisie se reëls bepaal juis dat die taalonderwyser ten minste drie maal die leerling se stuk moet lees en help redigeer, wat dus uiteindelik ‘n skryfstuk van hoë gehalte lewer - die grootste motivering ooit vir enige jong skrywer!