Senior CRS 2017 Junior CRS 2017 Mej Edugate 2017 Wacky Wednesday Great 7 + Junior CRS
Edugate

You are here: Sielkundige Dienste / Remediërende Onderrig

Remediërende Onderrig

'n Gebalanseerde dieetplan vir kinders

Een van die belangrikste take wat ons as ouers het, is om te sorg dat ons kinders ‘n gebalenseerde eetplan volg. Deur die regte kosse te gee vir ons kinders maak ons hulle eintlik ‘slimmer’! Die regte voedsel sal bydra tot meer en vinniger brein konneksies; volgehoue energie vlakke wat jou kind sal help met konsentrasie en om te fokus in die klas en die ideale bloedsuikervlakke te bereik en te behou. ‘n Groot uitdaging wat ons as ouers het is die pak van kosblikke.

Die helfte van ‘n gebalenseerde kosblik behoort te bestaan uit vrugte en vars of gekookte groente (bv. klein tamaties, repies wortels, komkommer, pynappel, druiwe, agurkies, waartlemoenballetjies of droë vrugte); een porsie proteïne, so groot soos jou kind se handpalm (bv. biltong, neute, ham); een vuisgrootte stadig vrystellende stysel (bv. Provita, Ryvita, springmielies, volgraanbrood, rogbrood); een bykomende vet (bv. Olywe, slaaisous, neute of sade). Natuurlik is die beste vloeistof water!

Voedsel wat genoegsame vitamiene, minerale en minerale bevat sal verseker dat kinders hul volle groei en ontwikkelinspotensiaal bereik.

Christie Kröne