Matriekafskeid 2017 Briljantjies besoek hoenderboerdery Fietsrypretdag Senior CRS 2018 Opleidingskamp Graad 9 Veldskool
Edugate

You are here: PSN 2018

PSN 2018

Woord van verwelkoming vir PSN 2018

Vanaf NAPSO

Aan die gashere, Edugate, wil ek my opregte dank, by voorbaat, uitspreek vir die moeite wat reeds aangegaan word om die Napso- en Otjiwarongo gemeenskappe te ontvang en te trakteer in egte plattelandse styl.

Ek nooi julle uit om van heinde en ver saam met ons en ons hoofborg SECURITAS ‘n naweek van wegbreek en sport te kom geniet. Vergeet van die ongemaklike verblyf, min verblyf, ver afstande en koue weer en kom haal die nodige uit so geleentheid – SAMESYN.

Ons dank ook aan ons Hemelse Vader wat so mildelik ons gemeenskap en skole seën en beskerm.

Tony Tripodi

Hoof Uitvoerende Beampte

NAPSO

Edugate Academy


‘n Groot voorreg val Edugate Academy te beurt om die Privaatskoolnaweek 2018 aan te bied. Nie net is dit vir ons ‘n voorreg nie, maar is dit ‘n groot uitdaging, veral in die ekonomiese tyd waarin ons leef. Ons voorbereiding is gegrond op bekostigbaarheid vir almal.

Ons doel is om almal te akkomodeer met die maksimum deelname vir elke span en skool, maar weet verseker dat ons nie die ouers gaan vergeet nie.

Edugate Academy, tesame met die gemeenskap van Otjiwarongo, gaan weer soos in die verlede, ‘n atmosfeer skep en n naweek wat nie gou vergeet sal word nie.

Dus nooi ons julle byvoorbaat uit na Edugate Academy se Privaatskoolnaweek 2018, enig is sy soort.

Edugate groete

Pierre Grobler

Voorsitter

Edugate Academy : Beheerraad