Graad 0 - 4 vier Paasfees Netbaltoer o/13 Streeksatletiek Grootfontein WHS FEES o/19 netbal Netbaltoer o/13
Edugate

You are here: Akademie / Junior Primêr

Junior Primêr

Suksesvolle Speletjiesmiddag

Die middag is op 9 April gehou. Elke graad was verantwoordelik vir 2 speletjies en eetgoedjies. Almal kuier lekker saam onder die koelte bome - mammas, kinders en juffrouens.

Dankie vir elkeen se bydrae om van hierdie middag so ‘n groot sukses te maak.

Graad 4 besoek D&M Rail

Dinsdag, 8 April, het die Graad 4 op ‘n uitstappie gegaan. Hulle het die voorreg gehad om op ‘n Uri, wat omgebou is om op ‘n spoorlyn te kan ry. Die rit is vanaf Otjiwarongo stasie tot by Höningber en terug. Tydens die uitstappie is aan die voor- en nadele van spoorvervoer verduidelik.

Op die stasie self, is die hyskraan en die vraghouers uitgewys.

Baie dankie aan D&M Rail wat die uitstappie borg en van die oggend ‘n onvergeetlike leerervaring maak!