Junior CRS 2018 Leierskapopleiding Senior CRS 2018 Opleidingskamp Matriekafskeid 2017 Mej Edugate 2017 Graad 9 Veldskool
Edugate

You are here: PSN 2018 / Inligtingstuk 1

Inligtingstuk 1

1. Ter inleiding

Privaatskolenaweke was nog altyd gekenmerk vir die hartlike samesyn tussen ons NAPSO-familielede. Mense wat klompies-klompies saamkloek, teruggryp na die verlede en vorentoe reik na dit wat nog moet gebeur. Die saamkuier eerder as die program wat die barometer van die naweek se sukses is ...

N.P. van Wyk Louw sê die een verskriklike wat ons moet vrees is die stilte wat oor die wêreld sal neersak wanneer daar nie meer gepraat, gestry of geredeneer sal word nie. Watter ondraaglikheid sal dit nie wees as daardie stilte die dag op ons privaatskole byeenkoms sou neerdaal nie.

Nietemin, hiermee solank enkele breë pennestrepe soos wat die naweek min of meer gaan verloop. Ondervinding het ons geleer dat daar nader aan die tyd heelwat wysigings gemaak gaan word. Ons hou julle op hoogte!

Ons sien baie daarna uit om u by ons te mag verwelkom - as eregaste natuurlik.

Frikkie Louw


2. Verwelkoming

NAPSO verwelkom die geleentheid om weereens die PSN 2018 op die platteland te huisves na die sukses van die eerste “stedelike” PSN in 2017. Die geleentheid is gemik op die gebruik van geleenthede en die uitbou van interskool verhoudings op terreine van ouer-, leerling-, leerkrag- en skoolgemeenskappe. Die vorming van karakter in omstandighede waar elke speler, ongeag van ouderdom, bouvorm en talent, die geleentheid het om sy/haar skool te verteenwoordig sonder die onnodige druk van wen/verloor, maar eerder die uitleef van die liefde vir sport en samesyn.

Dit is hierdie hoë standaard, uitmuntende organisasie en groot byeenkoms waarop baie in Namibië jaloers is.

Aan die gashere, Edugate, wil ek by voorbaat my opregte dank uitspreek vir die moeite wat reeds aangegaan word om die NAPSO- en Otjiwarongo gemeenskappe te ontvang en in eg plattelandse styl te trakteer.

Ek nooi julle uit om van heinde en ver saam met ons en ons hoofborg, SECURITAS, ‘n naweek van wegbreek en sport te kom geniet. Vergeet van die uitdagings rondom verblyf, ver afstande en koue weer en kom geniet die waarde van so ‘n geleentheid – SAMESYN.

Ons dank ook aan ons Hemelse Vader wat ons gemeenskap en skole so mildelik seën en beskerm.

Tony Tripodi

Hoof Uitvoerende hoof

NAPSO

3. NAPSO SKOLE

Berg-op Akademie Werner Zerbe OKAHANDJA

Brightstart Birgit Einbeck LüDERITZ

Dolphins Schools Carmen Meyer WALVISBAAI

Edugate Academy Frikkie Louw OTJIWARONGO

Excelsior Gloudien Minnaar AROAB

Gobabis Gimnasium Erlin Small (W) GOBABIS

Grootfontein Agri-College Henk Botha GROOTFONTEIN

Keetmanshoop PS Tinus Bothma KEETMANSHOOP

Mauritz Devenish PS Dorie Bester OSHAKATI

Privaatskool Elnata Dekker Vermeulen STAMPRIET

Privaatskool Moria Piet o' Callaghan OUTJO

Privat Schule Otjiwarongo Ilona Walters OTJIWARONGO

Privat Schule Swakopmund Hein Daiber SWAKOPMUND

Pro-Ed Academy Christiaan Grobler SWAKOPMUND

Tsumeb Gimnasium Wouter Nieuhaus TSUMEB

WBPHS Estelle Eigelaar WALVISBAAI

Windhoek Afrikaanse PS Elna De Jager WINDHOEK

Welwitschia Tiensie Dry WINDHOEK

4. Teikendatums

·Ontvang inligtingstuk 1 5 Oktober 2017

Ontvang inligtingstuk 2 12 Februarie 2018

·Sluiting van inskrywings/getalle 20 April 2018

·Uitstuur voorlopige program 22 Mei 2018

·Uitstuur toegangsbandjies aan skole 22 Mei 2018

·Terugvoer en finale versoeke van skole 22-24 Mei 2018

·Druk finale program 28 Mei 2018

5. Voorlopige program

Woensdag 30 Mei

·Tennis (enkels) en mini-Tennis

·Boogskiet

·Skaak

·Spervuur

·Leerlingraadskakeling

·Sokkiejol

·Verwelkoming en inligtingsvergadering vir skoolhoofde en sportorganiseerders

Donderdag 31 Mei

·Rugby, hokkie, netbal en tennis (dubbels)

·Amptelike opening

·Kaskarwedrenne

Vrydag 1 Junie

·Rugby, hokkie en netbal

·Mnr & Mej PSN

·Verskeidenheid vermaak

Saterdag 2 Junie

·Landloop

·Rugby, hokkie en netbal

6. QR Code

· Indien u slimfoon nie reeds oor die nodige toepie (app) beskik nie, kan u dit by die Google Play Store bekom.

·Hierdie QR code sal u direk na Edugate PSN 2018 webblad toe neem. Opdatering van inligting sal via die blad, dropbox en uitdeelstukke geskied.

http://edugate.org.na/pages/PSN_2018


7. Akkommodasie

·‘n Lys van beskikbare akkommodasie is op Edugate se webblad (http://edugate.org.na/pages/PSN_2018) beskikbaar. Kampplekpakkette sal eersdaags beskikbaar gestel word. Ons probeer hard hiermee om almal so gemaklik moontlik te kry.


8. Amptelike opening

·Die beplande opening belowe om kort en kragtig te wees. Dit sal nie ’n uur oorskry nie.


9. Etes/snoepie

·‘n Wye verskeidenheid keurige eetgoed sal deur die loop van die naweek aangebied word. Kosstalletjies sal strategies deur die sportgronde geplaas word, sodat heerlike eetgoed altyd byderhand sal wees.


10. Teetuin

·‘n Aparte kuierarea en teetuin sal ingerig word.


11. Geboue, terrein en tegniese dienste

·Die geboue, terrein en betrokke dienste sal maksimaal aangewend word om gemaklik en toeganklikheid te bewerkstellig. Daar word alreeds hard gewerk om die fasiliteite te opgradeer.


12. Kaskarre

·Regulasies en maatreëls sal in plek wees om die deelnemers se veiligheid te verseker.


13. Mnr & Mej PSN

·Ons skole se skoonhede sal die geleentheid gebied word om hul beste voetjies voor te sit.


14. Leerlingraadaksie

·Die hoofseuns en -dogters van elke hoërskool word versoek om hierdie funksie by te woon.


15. Sokkiejol

·Hierdie saamkuier word hopelik op ‘n baie spesiale plek aangebied. Dit sal verpligtend wees om die geleentheid in sokkies by te woon, m.a.w. ‘n regte sokkiejol!


16. Skaak

·Prosedures soos voorgeskryf word deur die Namibiese Skaakfederasie sal gevolg word.


17. Spervuur

·Skole en toeskouers het hierdie geleentheid in 2014 op Outjo terdeë geniet. Mev. Ilana Mouton is weer hiervoor gereed.


18. Sport

Die volgende buitelug sportsoorte word beplan.

·Boogskiet

·Tennis

·Rugby

·Netbal

·Hokkie

·Landloop


19. Vermaak

·‘n Verskeidenheid gaskunstenaars gaan in verskillende lokale optree. Ouers en leerlinge sal kan kies en keur watter vertonings hulle wil bywoon.


20. Sekuriteit, Parkering & Toegang

·Daar sal 24 uur sekuriteit vir die duur van die naweek wees om na u eiendom om te sien.

·Redelike toegangsfooie sal gevra word. Dit geld nie vir die leerlinge en personeel nie


21. Dienste

·Nooddienste: - sentrale mediese sentrum sal beskikbaar wees asook noodhulp by elke veld/baan.

·Wasgoeddienste is op die dorp beskikbaar

·Bankdienste sal op die terrein beskikbaar wees.


22. Inligtingskantoor

·Die kantoor sal sentraal geplaas word om toeganklik vir almal te wees - van speenoud tot stokoud.